Andrew Michael en sy vriend Arnold van Wyk span uit onder ’n brug in Rondebosch, waar Andrew al vir ses jaar los werk doen en “skarrel”. Sowat 592 Kaapstadse haweloses slaap onder brûe soos dié, volgens nuwe navorsing wat pas deur die stad Kaapstad gepubliseer is oor die lewensomstandighede van die stad se nagenoeg 6 000 haweloses.